NewsSchools

Jong skrywers hou Thabazimbi se naam hoog

Die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV) in Thabazimbi het onlangs hul gewilde skryfkompetisie aangebied en oudergewoonte het leerders van regoor Thabazimbi en omgewing bewys dat daar geen tekort aan kreatiwiteit in dié dorp is nie.

Die afgelope jaar was vir die meeste onderwysers, ouers en leerders landwyd ’n uitdagende jaar.

Tog het die leerders van Laerskool Thabazimbi bewys dat geen uitdaging te groot vir hulle is nie. Hulle het bloot die uitdagings gebruik om hul eie vaardighede te verbeter.

Altesame 36 leerders van die Thabazimbi-omgewing het deelgeneem.

Leerders van so jonk as sewe jaar het vanjaar gedigte en kortverhale ingeskryf.

Dié gr. 3 leerders van Laerskool Thabazimbi het almal gedigte geskryf vir vanjaar se ATKV-kompetisie en dit blyk dat dié skrywertjies se toekoms blink is. Op die foto is Hannes Bruwer, Odelea van der Nest, Tayla Cross en Arnu Snyman. Agter hulle staan Ria Volschenk van ATKV-Thabazimbi.
Deelnemers van so jonk as sewe jaar het hul hand aan die pen gewaag. Zeané Munnik, Leané Oosthuizen en Laufs van Jaarsveld van Laerskool Thabzimbi het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en selfs vir die ouer deelnemers geleer hoe om ’n goeie gedig te skryf. By hulle op die foto is Ria Volschenk.
Adriaan Venter, ’n gr. 3-leerder van Laerskool Thabazimbi was een van die enigste deelnemers wat ’n kortverhaal ingeskryf het.

Related Articles

Back to top button