Local newsNews

AfriForum sluit projek op hoë noot af

Die burgerregte organisasie, AfriForum, se Naboomspruit-tak het sedert Januarie 2021 ingespring en begin met hulle “#OnsDorp-veldtog” in Mookgophong.

Verskeie projekte is geloods om die dorp te verbeter en selfs nuwe verkeerstekens is, in samewerking met die plaaslike verkeersafdeling, opgerig om inwoners se veiligheid te verbeter.

Die tak het die jaar se werksaamhede op Saterdag 13 November afgesluit toe AfriForum-buurtwaglede en vrywilligers die strepe van die voetoorgange by Laerskool Eugène N. Marais in die dorp met ’n nuwe laag verf opgeknap het.

“Ons kinders se veiligheid, veral die kleintjies wat nog hulp nodig het, is vir ons baie belangrik,” het Lucas Bornman, voorsitter van die tak, aan Die Pos gesê.

“Dit is verblydend om te weet dat sakelui in die dorp dieselfde as ons voel. Ons is baie dankbaar teenoor die sakeonderneming wat die verf en rollers geskenk het,” het Kobus van Loggerenberg, leier van AfriForum-buurtwag, gesê.

  • AfriForum het tans ’n vakature vir die pos van sekretaris op hul bestuur en nooi mense wat graag deel wil word van die bestuur om vir die voorsitter ’n WhatsApp te stuur na tel. 083 647 0530.

Related Articles

Back to top button