LettersOpinion

Brief: AfriForum se Naboomspruit-tak verwelkom uitbetaling van watertoelaes

AfriForum verwelkom hierdie uitbetaling aan die munisipaliteit sodat die geld aangewend kan word vir die herstel van infrastruktuur en ander waterverwante projekte.

Magdel Jansen van Vuuren, distrikskoördineerder: AfriForum Limpopo, skryf:

Die departement van water en sanitasie het onlangs ná volgehoue druk deur die burgerregteorganisasie, AfriForum, ’n kennisgewing uitgereik wat aandui dat waterinfra-struktuurtoelaes aan die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit uitbetaal moet word.

Dit volg nadat AfriForum in Oktober ’n adviesooreenkoms met die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit onderteken het.

Dié toelaes moet aangewend word vir herstelwerk aan die watervoorsieningsinfra-struktuur.

AfriForum verwelkom hierdie uitbetaling aan die munisipaliteit sodat die geld aangewend kan word vir die herstel van infrastruktuur en ander waterverwante projekte.

Die organisasie is egter bekommerd oor die feit dat die munisipaliteit tans ’n “hangende” munisipaliteit is ná afloop van die verkiesing en dat dit die herstelwerk kan vertraag.

AfriForum glo die uitbetaling is ’n stap in die regte rigting, maar ons sal die proses moniteer om seker te maak dat die geld nie “verdwyn” of verkeerd aangewend word nie.

AfriForum sal sy waghondrol vervul en aanhoudend druk op die munisipaliteit toepas om te verseker dat die geld so gou moontlik aangewend word om die verskeie waterinfrastruktuurprobleme in die dorp te herstel.

Related Articles

Back to top button