Local sportSport

Hoërskool Frikkie Meyer slaan ’n kolhou

Die Thabazimbi-gholfbaan was op Saterdag 6 November van vroegdag ’n miernes van bedrywigheid tydens Hoërskool Frikkie Meyer se gholfdag.

Die kompetisie was op ’n Scramble Drive Better Ball-riglyne geskoei en altesame 23 vierbalspanne het deelgeneem.

Bevin van de Groenekan, Ewald Ras en Sieg Smit staan gereed vir ’n spanfoto.

Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU), het al die pad uit die Jakarandastad kom kuier om die dag saam met die dorp se sportgeesdriftiges deur te bring.

Oud en jonk was opgewonde om ’n foto te neem saam met Strauss en die Currie-beker wat hy van Loftus Versveld af saamgebring het.

Hoërskool Frikkie Meyer bedank alle borge, personeellede en ondersteuners wat bygedra het tot die dag se sukses.

Die pienk gholfuitrustings van Keith Höll en Louwtjie de Beer het menige pittige aanmerking ontlok. Hul het egter volgehou dat die telkaarte sal praat.
Die span van Naudé Koen, Danie Fouché en Pierre van Jaarsveld was by die halfweghuis nog vol moed dat hulle met die pryse sal wegstap.
Die personeel van Hoërskool Frikkie Meyer was reeds vroegoggend op hul pos om die gaste te ontvang. Op die foto is Roné Coetzee, Tanya Hudson en Janes Visage. Agter hulle is Daléne Jacobs en Ninette de Aguiar.
Michael Karemaker en Kadaf Harmse was slaggereed om hul vernuf met die gholfstokke te wys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button