CrimeNews

Vermeende verkragter borgtog geweier

’n Man wat daarvan aangekla word dat hy twee vroue (waarvan een hoogswanger is) op Donderdag 7 Oktober aangeval en verkrag het, sal in polisieaanhouding bly totdat hy weer op Vrydag 19 November in die hof moet verskyn.

Die verdagte is op Donderdag 21 Oktober borgtog in die Thabazimbi-landdroshof geweier.

Die saak is uitgestel sodat die polisie verdere ondersoek kan doen. Polisiewoordvoerder konst. Titus Khumalo het aan Die Pos gesê die twee vroue is na bewering aangeval toe hulle teruggekeer het van ’n stokvelbyeenkoms wat hulle by die Matikiring-informele nedersetting (deel van Regorogile) bygewoon het.

“’n Vrou van 58 en een van 39 jaar (wat agt en ’n half maande swanger is), is aangeval en verkrag,” het Khumalo gesê. “Albei vroue het reeds mediese en sielkundige hulp ontvang en die saak is na ’n hoër hof verwys,” het hy bygevoeg.

Enigiemand met inligting wat met die saak verband hou, word versoek om die polisie se familie- en kinderbeskermings-eenheid by tel. 071 355 0554 tel bel of die Thabazimbi-polisie by tel. (014) 777 3505.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button