CrimeNews

Die GPF moedig inwoners aan om saam te staan teen geslagsgeweld

Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Thabazimbi moedig inwoners aan om op Vrydag 19 November by die landroshof byeen te kom ter ondersteuning van die GPF se veldtog teen geslagsgebaseerde geweld.

’n Man wat daarvan aangekla word dat hy vroeër vandeesmaan twee vroue verkrag het, sal op Vrydag 19 November in die Thabazimbi-landdroshof verskyn.

Die beskuldigde is op Saterdag 9 Oktober aangekeer toe hy na bewering die twee vroue wat op pad was huis toe van ’n stokvelbyeenkoms wat hulle bygewoon het, aangeval en verkrag het.

Een van die slagoffers was ten tye van die voorval hoogswanger.

Die Thabazimbi GPF verosek die gemeenskap versoek om hul steun teen geslagsgebaseerde geweld te wys deur die hofverskyning by te woon.

Roelf Crause, verteenwoordiger van die plaaslike GPF, het gesê dit is belangrik vir die gemeenskap om saam te staan om dié soort misdrywe hok te slaan.

“Mens is geneig om te dink dit met ander mense, maar volgende keer is dit dalk jou dogter, vrou, ma of vriendin wat die slagoffer word van geslagsgebaseerde geweld, daarom is dit ons almal se verantwoordelikheid om die probleem in die kiem te smoor.”

Related Articles

Back to top button