Local sportSport

Motorfietse, modder en malligheid in Middelburg

In die volksmond word daar van “bloed, sweet en trane”, gepraat, maar gooi ’n bietjie modder daarby en ’n mens kry een van die opwindendste motorfietswedrenne van die jaar.

Motorfietsgeesdriftiges van regoor die land het op Saterdag 6 November by Dirttrax in Middelburg, Mpumalanga, byeengekom vir die laaste been van vanjaar se Farm Jam-kompetisie.

Die 14-jarige Keanu Visser, een van Thabazimbi se mees belowende motorfietsryers, was onder die 256 deelnemers in vanjaar se kompetisie. Hy het in die 85CC Pro-kategorie deelgeneem en as wenner uit die stryd getree. Hy het die uitdagende roete in twee uur voltooi.

Dié gewilde veldmotorfietswedren bestaan uit ’n reeks van ses rondes wat elke jaar in ses verskillende maande van die jaar op dieselfde baan plaasvind.

Daar is afdelings vir veldfiets- (dirt bikes) en vierwielmotorfietsryers.

Deelnemers van alle ouderdomme wat in verskillende kategorieë kragte meet, moet vyf rondes van ’n uitdagende 30 km-roete aandurf en die wenner word bepaal deur die individue se beste tye saam te tel.

Die afgelope naweek was die laaste ronde in vanjaar se kompetisie. Volgens Leon van der Westhuizen, organiseerder van die Farm Jam-kompetisie, was vanjaar se kompetisie ’n reusesukses.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button