Local newsNews

Ysterberg se Voortrekkers maak leer lekker

Die Ysterberg Voortrekker-kommando in Thabazimbi se penkoppe, drawwertjies en verkenners het skouer aan die wiel gesit om tussen hulle vol akademiese programme en buitemuurse aktiwiteite ook meer te leer oor die geskiedenis van ons land.

Die Voortrekkers verryk reeds die afgelope 90 jaar duisende kinders se lewens met prettige aktiwiteite en kampe en leer hulle vaardighede wat nie noodwendig deel van ’n skoolsillabus is nie.

Die Ysterberg-kommando het onlangs die Anglo-Boereoorlog-projek (ABO) aangepak waar die kinders meer leer oor dié oorlog se geskiedenis en veldslae.

As deel van die projek moes die Voortrekkers hul kreatiwiteit inspan om hul eie weergawes van ’n ABO-slagveld te bou.

Conrad Res spog met sy handgemaakte Anglo-Boreoorog-slagveld.

Die kommando se kinders het ook hul touwerkkennis uitgebrei deur verskeie knope, soos ’n skuif-, kniehalterslag- en voorslagknoop, te leer maak en hoe dit in hul alledaagse lewe gebruik kan word.

Dié vaardigheid is ’n spesialisveld waarvoor hulle kentekens verwerf het. Leerders het gesê hulle sien uit na aanstaande jaar se program wat propvol nuwe avonture is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button