Local sportSport
Jong dansers dans ’n storm in Pretoria los
Die jong dansers van Modimolle en Bela-Bela het behoorlik ’n storm los gedans tydens die Suid-Afrikaanse-dansskoolkampioenskap wat op Vrydag 22 Oktober in Centurion, Pretoria, plaasgevind het.
Die dansers van LPD Studio of Dancing in Modimolle het altesame 24 medaljes opgeraap. Whilma van der Merwe, afrigter, is baie trots op die talentvolle groep dansers.
Die Hip Hop-meisies van 9-11 jaar het ’n hoë silwer toekenning ontvang terwyl die 8-10-jarige klopdansgroep en die 12-13-jarige Hip Hop-groep goud gewen het.
Luard Groenewald en Martelize Bloem het goud verwerf vir hul solo Hip Hop-danse.
Die 5-7-jaar groep Hip Hop-dansers het uitsonderlik goed presteer en ’n hoë goud, asook ’n spesiale beoordelaarstoekenning vir uitsonderlike talent verwerf.
Die duet-dansers, Martelize Bloem en Hailee Terblance, asook hul trio-dansgroep saam met Thato Selemela het ook ’n hoë goud verwerf.