Local sportSport

Amandelbult-gholfspelers wys hul gee om met afslaan vir ’n goeie saak

’n Groep van 54 gholfgeesdriftiges van die Thabazimbi-omgewing het op Saterdag 16 Oktober by die Amandelbult-gholfklub byeengekom vir ’n gholfdag ten bate van Laerskool Koedoeskop.

Zarius Janse van Rensburg, skoolhoof, het gesê hy is baie dankbaar dat die gemeenskap die skool ondersteun ondanks moeilike ekonomiese omstandighede.

Hy het gesê die dag se sukses kan toegeskryf word aan die harde werk van die skool se personeel en die lojale ondersteuning van verskeie borge.

Brendin van Greuning tuur in die verte nadat hy afgeslaan het tydens Laerskool Koedoeskop se gholfdag op Saterdag 16 Oktober.
Gordon Lee-Bell het ’n barshou gespeel in die gholfdag wat op Saterdag 16 Oktober by die Amandelbult-gholfklub ten bate van Laerskool Koedoeskop gehou is.

“Vir ’n kleinerige skool het Laerskool Koedoeskop deur die jare ongelooflike goeie ondersteuning van die gemeenskap gekry en ons is baie dankbaar daarvoor,” het hy gesê.

“Die skool het altesame R25 000 met die gholfdag ingesamel wat weer in ons skool en ons kinders se toekoms belê kan word.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button