AdvertorialNewsSponsored

Motorfietsgeesdriftiges en manewales in Koedoeskop

Laerskool Koedoeskop het die afgelope naweek besoekers van regoor Thabazimbi by vanjaar se Koedoe Quad-karnaval verwelkom.

Motorfietsgeesdriftiges het oudergewoonte vroegoggend met brullende enjins by die wegspringplek saamgedrom om die 60 km-roete deur Koedoeskop en Northam aan te durf tydens die jaarlikse Quad- en Two Wheeler-rally.

Die Koedoe Quad-karnaval was ’n groot hoogtepunt op die dorp se sosiale kalender en besoekers het ondanks die uitmergelende Bosveldson die prettige familieaktiwiteite en Bosveld-wegbreek terdeë geniet.

Ruben, Franco en Corrie Prinsloo was op Saterdag 30 Oktober gereed om die 60 km Quad- en Two Wheeler-Rally in Koedoeskop aan te durf.

Vir die jongspan was daar verskeie aktiwiteite soos ’n meganiese bul, “Rocket Parachute”, viermanrekspring en waterkaskenades om af te koel.

Martin Bester, gewilde sanger en radio-omroeper, het vanuit Pretoria ’n draai by die karnaval gemaak om saam met ’n groep talentvolle plaaslike musikante soos Tertius Swanepoel, Anneke du Plessis, Kayla de Bruyn en Reborne op te tree.

Related Articles

Back to top button