CrimeNews

Goeie nuus vir slagoffers

Cassel Mathale, adjunkminister van polisie, het op Dinsdag 19 Oktober besoek afgelê in Thabazimbi tydens die amptelike opening en ingebruikneming van dié dorp se nuwe slagofferondersteuningsentrum.

Mathale is vergesel van Mavhungu-Lerule Ramakhanya (LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid), Nkakareng Rakgoale (LUR vir maatskaplike ontwikkeling) en lt.genl. Thembi Hadebe (provinsiale kommissaris van die polisie).

Die besoek was deel van ’n bewusmakingsveldtog van die toenemende probleem van geslagsgebaseerde geweld en gesinsgeweld.

Die twee daelange besoek het gepaard gegaan met die amptelike oorhandiging en opening van die slagofferondersteuningsentrum aan die Thabazimbi-polisiestasie.

Dié sentrum is deur die Anglo American Platinum-mynmaatskappy geborg. Hulle veroordeel die geweld teen vroue en kinders ten sterkste en ondersteun slagoffers. Hulle het ook ten doel om die polisie te ondersteun in hul stryd om gesins- en geslagsgeweld te bekamp.

Die sentrum, wat in Groep 5 geleë is, sal slagoffers en hul families ondersteun en ook ’n tydelike heenkome bied terwyl voorvalle ondersoek word.

Related Articles

Back to top button