LettersOpinion

Brief: Puik diens aan viervoetiges

Dit is ’n dierekliniek wat met groot vrymoedigheid aanbeveel kan word.

Carlien Stander, Modimolle, skryf:

Ek kan nie anders as om ’n pluimpie te gee vir die voortreflike diens wat ek tydens ’n noodgeval by die Kranskop-dierekliniek ervaar het nie.

Die twee veeartse, drs. Caroline Brits en Marina Bredel, het my hond, Milla, met deernis behandel toe sy ongesteld was.

Sy was sommer gou ná behandeling op die been. Hulle is diereliefhebbers by uitstek en het my ook gerusgestel met hul kundigheid.

Die ontvangsdame, Yolandie, is altyd vriendelik en hanteer die eienaars van dierepasiënte met empatie.

Dit is ’n dierekliniek wat met groot vrymoedigheid aanbeveel kan word.

Related Articles

Back to top button