CrimeNews

Rommel in Braksloot bron van kommer

Bekommerde inwoners het op ’n informele herwinningsterrein op die hoek van Bakker- en Elias Motsoaledistraat (alombekend as die Braksloot) in Modimolle afgekom.

Dit lyk asof ’n groep mense daar in die bosse woon en bedags plastiek en ander rommel vir ’n inkomste herwin. Ongelukkig het dit ook in ’n onwettige vullisstortingsterrein ontaard wat peste soos rotte en ander plae lok. Koperkabels word ook daar skoongemaak.

Dirk van der Merwe (snr.) het aan Die Pos vertel dat hy in 2020 dieselfde probleem by die plaaslike owerheid aangemeld het. 

Volgens hom het Magda Berrange, plaaslike munisipaliteit se direkteur van sosiale- en gemeenskapsdienste, die terrein in November 2020 besoek. Tot op hede is daar volgens hom nog niks aan die saak gedoen nie.

Die Braksloot is deel van die groenstrook in die woongebied wat, wanneer dit reën, afloop tot in die Klein Nylrivier in die dorp.

Enige besoedeling sal dus in die Klein Nylrivier spoel wat op sy beurt in die Nylsvley-bewaringsgebied invloei.

Dit hou ’n ernstige ekologiese gevaar in indien die Braksloot nie opgeruim word nie.

Related Articles

Back to top button