Local newsNews

VLU besoek plaaslike botaniese tuin

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Nylstroom-tak het op Donderdag 21 Oktober die Pieter van der Smit-arboretum by die Bosveldsig-aftreeoord besoek.

Die arboretum, ’n botaniese tuin spesifiek vir bome, is meer as 16 jaar gelede deur Van der Smit gestig.

Die Nylstroom-tak se skenking is gebruik om 50 naamplaatjies aan te bring om nog bome te identifiseer en te merk.

Die lesing is onder leiding van die dendrologiese vereniging aangebied waartydens kenners se uitgebreide kennis oor inheemse bome met die besoekers gedeel is.

Elke lid het ’n leersame boek oor bome ontvang, asook sade van inheemse bome om in hul eie tuine te plant.

Related Articles

Back to top button