NewsSchools

Die laaste klok lui vir Nylies se 2021-matrieks

Dit was ’n week gevul met eerstes en laastes.

Die matriekeksamen het vandeesweek afgeskop en Hoërskool Nylstroom het op ’n besondere wyse afskeid geneem van hul matriekleerders.

Die matriekprysuitdeling is op Maandag 25 Oktober gehou en daarna het die matrieks hul skooldae afgesluit met ’n seremoniële lui van die nuwe klok wat onlangs in die boomryke binnehof opgerig is. Hierdie klok is ’n afskeidsgeskenk van die matriekleerders van 2021 en is die begin van ’n nuwe tradisie by dié skool.

Loré Mostert lui vir oulaas die klok in die binnehof by Hoërskool Nylstroom. Agter haar stap Tebatso Mpila nadat die hoof hom ’n handdruk gegee het. Dit is deel van die matriekleerders se afskeidseremonie aan die einde van hul skoolloopbaan. Hulle eindeksamen het amptelik op Woensdag 27 Oktober begin.

Gr. 8-leerders sal die klok lui om hulle as volwaardige Nylies te verwelkom en weer die klok op hul laaste skooldag in matriek lui.

Janique Erasmus, vanjaar se hoofmeisie, is tydens die prysuitdeling as Nylie van die Jaar aangewys. Sy is ook die Dux-leerder en die redenaar van die jaar.

Jan-Pierre Jacobs lui vir oulaas die klok op sy laaste skooldag by Hoërskool Nylstroom.

Martin Vosloo is aangewys as sportseun van die jaar, Cerise Burger as sportmeisie van die jaar, Paul-Jac Els as beste gholfspeler, Simoné van Deventer as beste hokkiespeler, Stefny-Ann du Preez as beste netbalspeler, Jurie Crots as beste rugbyspeler én tennisspeler en Danie Smit as beste krieketspeler.

Die toptienakademiese presteerders was Janique Erasmus in die eerste plek, gevolg deur Omphile Sabushimike wat ’n ere-akademiese toekenning kry vir ’n gemiddeld bo 80%, Karla Brits (ere-akademiese toekenning), Shibe Leso (ere-akademiese toekenning), Ditheto Motimelo (ere-akademiese toekenning), Nadia Bisschoff (ere-akademiese toekenning), Lisa van Vuuren wat erekleure gekry het vir ’n gemiddeld bo 75%, Loré Mostert (erekleure), Willie van Rooyen (erekleure) en Mikayla Botes (erekleure).

James Chauke, Nylie van die Jaar in 2020, het die matrieks moed ingepraat met ’n inspirerende toespraak dat harde werk hul toekoms bepaal. Hy is vanjaar ’n eerstejaar mediese student.

Die Nylies het ook twee jarelange staatmakers gegroet. Santie Gildenhuys en Hilda Snyman tree ná onderskeidelik 28 en 32 jaar diens by die skool af. Hulle het diep spore by die skool getrap.

Hoërskool Nylstroom het vandeesweek twee van hul staatmakers gegroet. Santie Gildenhuys en Hilda Snyman tree aan die einde van die jaar af ná onderskeidelik 28 en 32 jaar diens by die skool. Hulle het diep spore by die skool getrap.

Related Articles

Back to top button