Home/News/Local news/Geite en giere… Local newsNews Geite en giere… Wat gebeur in- en om die Waterberg? November 1, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Munisipale werkers van die Bela-Bela-munisipaliteit het die afgelope twee weke kliphard gewerk om die verkeersdriehoek op die hoek van Minnaar- en Pretoriastraat in die dorp skoon te maak en te verfraai met plante en ’n rotstuin. Dié driehoek, wat by ’n besige kruising geleë is, was die afgelope twee jaar ’n seeroog. Die driehoek het sedert die begin van die Covid-19-pandemie leeg- leërs en morsjorse gelok en is glad nie onderhou nie. Die ou apiesdoringboom is in dié tyd aan die brand gesteek, booswigte het helderoordag takke van die boom afgekap en die plek word as openbare toilet gebruik — ten aanskoue van verbygangers en sakelui. Op die foto is ’n groep werkers by die nuwe rotstuin. ’n Foto van die haglike toestand van die Alma-pad buite Bela-Bela wat verlede week in Die Pos geplaas is, het die DA genoop om ’n dringende skoonmaakprojek daar te loods. Die oop stuk veld weerskante van die Alma-pad word as onwettige stortingsterrein gebruik en skrik volgends eiendomsagente en mense in die toerismebedryf besoekers af. Die foto toon DA-lede van die dorp wat vullis opruim. Warmpatat: Die Pos kon nie help om dié gehawende landsvlag die afgelope week voor die departement van onderwys se streekkantoor in Chris Hanistraat, Modimolle, op te merk nie. Die foto is op Maandag 25 Oktober geneem. Hopelik is die vlag nie ’n weerspieëling van hoe dit met onderwyssake in die provinsie gaan nie. Gideon Jacobs en Caru (voorheen Radford) is op Saterdag 2 Oktober by Mountain View Game Ranch buite Mookgophong getroud. Gideon is ’n oud-leerder van Hoërskool Hans Strijdom en Caru was in 2012 in Hoërskool Nylstroom. Gideon is tans ’n voorman by die Syferfontein-prosesseringsaanleg buite Modimolle. Caru is ’n onderwyser by Laerskool Nylstroom. Gideon se ouers is Johan en Julie Jacobs en Caru se ouers is Jack en Elna Radford, almal bekendes in die Waterberg-omgewing. November 1, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print