NewsSchools

Frikkie Meyer sluit die jaar op ’n mooi noot af

Die matriekleerders van Hoërskool Frikkie Meyer het op Vrydag 8 Oktober een van hul laaste skoolgeleenthede bygewoon voordat hulle matriekeksamen afskop.

Die skool het ’n modeparade aangebied waartydens leerders, personeel en ouers vir oulaas kon kyk na die skeppings wat die matrieks vroeër vanjaar tydens die matriekafskeid gedra het.

Groot voorrymanne in rugbytruie het plek gemaak vir sjarmante manne in deftige pakke wat galant hul metgeselle met droommooi rokke oor die verhoog gehelp het.

Mario Jonker, Sarriette Pretorius, Megan Meyburg en Twana Nel in hul matriekafskeiduitrustings tydens die modeparade wat op Vrydag 8 Oktober gehou is.
PJ Smit, Sunel Esterhuizen, Jaen-Ray de Lange, Adri van Reenen en Jannis Jordaan het vir oulaas hul deftige matriekafskeiduitrustings aangetrek en op die loopplank geparadeer vir die uitgelese gehoor.
Lize Barnard het behoorlik die koppe laat draai in haar pragtige aandrok en die gehoor kon die pragtige borduurwerk van naderby beskou.

Die meisies het die geleentheid gehad om nog ’n keer met daardie spesiale rok te spog en ouers kon vir oulaas kyk hoe lyk hul jong volwassenes wat binnekort die nes verlaat.

Volgens die skool het die klas van 2021 baie uitdagings gehad, maar hulle was ’n besondere groep wat diep spore by die skool laat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button