Local newsNews

Hennie Venter ná bykans ’n maand steeds vermis

Daar is steeds geen spoor van Hendrick Stephanus (Hennie) Venter van die Northam-omgewing wat bykans ’n maand gelede spoorloos verdwyn het nie.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Northam het in September ’n soektog van stapel gestuur nadat die 35 -jarige Venter van Plot 14, Deput in die Northam-omgewing, verdwyn het.

Venter het volgens berigte op die dag van sy verdwyning ’n bruin kortbroek, swart T-hemp, plakkies en ’n bril aangehad.

Hy word beskryf as lank en skraal. Hy is ongeveer 1,7 m lank met donker hare.

Hy is na bewering op Saterdag 4 September omstreeks 18:00 laas deur sy stiefma gesien.

Die polisie, in samewerking met die vermiste se gesin, het met ’n soektog begin en by verskeie vriende en familielede, asook omliggende gebiede waar hy gereeld gekuier het, navraag gedoen.

Die polisie versoek enigiemand met inligting oor Venter om met die ondersoekbeampte in verbinding te tree by tel. 082 758 1428 of tel. 082 565 7611.

Related Articles

Back to top button