NewsSchools

Laerskool Koedoeskop se leerders doen fluks sake

Die leerders van Laerskool Koedoeskop het skuins voor die einde van die kwartaal hul skryfbehoeftes en skoolklere tydelik weggepak om elk ’n splinternuwe baadjie aan te trek — dié van sakelui.

Die entrepreneursdag is ’n gereelde instelling by dié skool en dit het hierdie kwartaal weer duidelik getoon dat kreatiwiteit, beplanning en deursettingsvermoë ’n mens ver kan bring.

Die leerders het verskeie stalletjies beman met allerhande tuisgemaakte lekkernye en gebak wat die geld laat inrol het.

Mia Erasmus, een van die skool se gr. 7-leerders, het selfs haar eie storieboek, Knysna Wings, by dié geleentheid verkoop.

Die sakevernuf van dié jong entrepreneurs gee volwassenes moed dat die toekoms van Suid-Afrikaanse sakebelange in goeie hande is.

Derick Agenbag het flink sake gedoen en gesorg dat sy kliënte weer ’n draai by sy stalletjie maak.
Mia Erasmus het haar skryftalent in ’n sakegeleentheid omskep en haar eie boek by Laerskool Koedoeskop se entrepreneursdag verkoop.

Related Articles

Back to top button