Local newsNews

Wys ons hoe lyk Thaba deur jou oë

Ruhan Kleynhans van Kilnerpark in Pretoria het die afgelope week besoek in Thabazimbi afgelê.

Kleynhans vertel hy het hom vergaap aan die wonderskone natuur en wilde diere in en om Thabazimbi, maar daar was maar min geluk in sy soeke na monumente en ander historiese besienswaardighede.

“Ek onthou ’n groot kremetartboom bo in die dorp met ’n reuseysterklip wat as gedenksteen vir een van die myne gedien het. ’n Entjie laer af in die straat is daar ’n verlate klipstapel, maar sonder enige aantekeninge of bordjie wat aandui waarvoor dié gedenknaald daar opgerig is,” het hy vertel.

Op pad terug uit die dorp het die groot gedenknaald in die begraafplaas egter sy aandag getrek.

Dit lees: “Diegene wat hier rus, het in diens van die RSA gesterf. Hulle name leef tot in ewigheid.”

Dit is in hierdie monumente waar Thabazimbi se stories vasgevang lê. Die Pos wil graag jou storie en dit wat Thabazimbi vir jou mooi maak, met ander deel.

Stuur gerus vir ons jou foto’s of deel met ons jou unieke Thabazimbi-storie en vier saam met ons jou dorp.

Kontak ons gerus by thabapos@gmail.com en wys ons hoe lyk Thabazimbi deur jou oë.

Related Articles

Back to top button