LettersOpinion

Brief: Matrieks, die lewe lê voor julle

Vandag kyk ons na hierdie skoolverlaters — ons toekomstige leiers. Ons besef ons kan maar net vir hulle bid!

Gawie Richter, Bosveldsig, Modimolle, skryf:

Terwyl matrikulante regmaak om skole vaarwel toe te roep en aan hul toekoms te werk, gaan my herinneringe meer as 70 jaar terug.

Ek dink aan die tyd toe Suid-Afrika, na afloop van die Tweede Wêreldoorlog in 1945, van die grond af opgebou moes word.

Skole was nie so volop soos vandag nie en baie kinders moes noodgedwonge op hul ouers se plase werk sodat die gesinne kon oorleef.

Vir kinders op afgeleë plase en selfs buurstate was landbouskole met koshuise ’n redding. 

Tussen Rustenburg en Swartruggens, die wêreld waar ek grootgeword het, was die bekende Paul Kruger Landbouskool. Die skool het goed presteer op talle terreine en was bekend vir die spogprodukte wat hulle self verbou en dan gaan skou het op landbouskoue.

Die tyd het aangestap en van die eens spoggerige skool is daar nou min te sien.

Soos baie ander staatsinstellings soos onderwys-, verpleeg-, weermag- en polisiekolleges is daar agteruitgang te bespeur.

Vandag kyk ons in Die Pos (uitgawe van Vrydag 8 Oktober) na hierdie skoolverlaters — ons toekomstige leiers. Ons besef ons kan maar net vir hulle bid!

Die Engelse gesegde lui: “You can’t keep a good man (or woman) down.”

So kinders, Carpe Diem —-gryp die lewe aan! Gebruik elke terugslag om trappe na bo te bou.

Related Articles

Back to top button