Local sportSport

Rolbaltoernooi ’n groot sukses

Die Warmbad-rolbalklub was die naweek van 2 Oktober die gasheer van die jaarlikse Aalwyn Oktoberfees-toernooi in Bela-Bela.

Die byeenkoms was ondanks die beperkings van die Covid-19-pandemie ’n groot sukses.

Altesame 20 spanne van Limpopo en Gauteng Noord het vir die geleentheid opgedaag. Die spanne was van Brits, Lephalale, Modimolle, Mokopane, Polokwane en Bela-Bela.

Daar is op Saterdag 3 Oktober 12 skofte in vier wedstryde gespeel en spelers het op Sondag 3 Oktober weer aan 12 skofte in twee wedstryde meegeding.

Die Warmbad-klubspelers, Howard Holtzhausen en Hettie Rossouw, het in die pare-afdeling die beste presteer en as wenners van die toernooi uitgetree.

Rossouw word gereken as een van die beste spelers in Limpopo.

Roelf Crouse en André Kruger van Modimolle was tweede met Gorman en Evelyn Cloete van die Polokwane-klub derde.

“Ons is baie dankbaar teenoor al die klublede wat die toernooi ’n reusesukses gemaak het. Julle is tops!” het Jaap Lindhout, klubpresident, gesê.

“Hettie is ’n uitstekende speler en dit sal moeilik wees om haar te klop. Sy loop elke keer met die pryse weg.”

Die spelers het intussen ’n blaaskans van wedstryde geneem, maar sal steeds oefeninge bywoon om hul vaardighede op te skerp voordat die Warmbad Big Bash-toernooi in Junie 2022 plaasvind.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button