LettersOpinion

Brief: Laat daar tog net lig wees!

Genoeg is genoeg.

Johan Barnard, Modimolle, skryf:

Hoe lank gaan die plaaslike owerheid nog neem om die straatligte in Burgerstraat in Modimolle te herstel?

Die inwoners smeek nou al die afgelope twee jaar by die betrokke wykraadslede en het selfs al met die burgemeester gepraat, maar alle klagtes val op dowe ore.

Dit terwyl ons getrou ons maandelikse munisipale rekenings betaal.

Daarmee saam het die munisipaliteit ’n splinternuwe hidrouliese kraan in Julie aangeskaf om onder meer straatligte te herstel, maar ons is steeds letterlik in die duister.

Die gebrek aan straatligte maak ons kwesbare teikens vir inbrekers. Genoeg is genoeg.

Related Articles

Back to top button