Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die Vanwykshout, ook bekend as die wisteriaboom, is ’n beskermde inheemse boom met kenmerkende trosse pers blomme wat in die lente verskyn (September tot Oktober). Dit kom voor in die noordelike gedeeltes van Suid-Afrika, Limpopo, Gauteng, Noord-Wes, Mpumalanga en selfs dele van KwaZulu-Natal en is redelik bestand teen droogtes en koue of ryp. Die wortelstelsel is nie aggressief nie en kan dus naby heinings of grensmure geplant word. Die hout is baie hard en word gebruik om meubels van te maak, want dit word nie deur termiete verniel nie. Op die foto is ‘n pragtige boom van bykans 7 m wat by die Nederduits Gereformeerde Kerk Waterberg-gemeente in Kerkstraat, Modimolle, staan. Inwoners word aangemoedig om liefs ’n inheemse Vanwykshout te plant as jakarandabome wat eintlik indringerplante is.

Related Articles

Back to top button