Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Twee sussies van Hoërskool Nylstroom, Anika en Hesmé Holtzhausen, het Limpopo op Vrydag 24 September en Saterdag 25 September verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse-skole-tennistoernooi wat in Klerksdorp gehou is. Anika (links) beklee tans die no. 1-posisie vir meisies o.19 en Hesmé (regs) die no. 3-posisie vir meisies in Limpopo.
Johan Bosch van Laerskool Nylstroom het die afgelope naweek as deel van die Limpopo o.13-span aan die interprovinsiale tennistoernooi in Klerksdorp deelgeneem. Limpopo se o.13-span het die toernooi gewen. Johan het 11 van sy 12 wedstryde gewen.
Anika Swart op haar perd Arkab Frieda en Rezé Swart op Izra Leyhla het op Saterdag 25 September ’n 80 km rit kafgedraf tydens die Waterberg-perdeuithourit.
Drie ruiters van Hoërskool Nylstroom het die afgelope naweek se hitte aangedurf en aan die Waterberg-perdeuithourit deelgeneem. Luan Pretorius het op Vrydag 24 September 80 km op sy perd, Deo Gratias Aziz, afgelê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button