Local sportSport

Stofwolke en enjins dreun by motorfietswedren

Dit was net stofwolke en enjins wat dreun toe die motorfietse weggespring het tydens die motorfietswedren wat Hoërskool Hans Strijdom op Saterdag 18 September op die plaas van Johan en Ilse Pont buite Mookgophong aangebied het.

Deelnemers op sowat 54 motorfietse en 10 vierwielmotorfietse het opgedaag om in die verskeie klasse deel te neem.

Die baan het oor 40 km rowwe terrein gestrek en die jaers moes vier rondtes voltooi.

Daar was die oggend ’n fris windjie wat gewaai het, maar dit het glad nie die jaers afgeskrik nie. Hulle het die 160 km met groot geesdrif afgelê.

Die inskrywingsgeld van R400 per inskrywing is aangewend as fondsinsamelingsprojek vir Hoërskool Hans Strijdom. S

ommige van die ryers het nie die strawwe wedren voltooi nie, maar die ope-afdeling is gewen deur Conrad Nieuwoudt met Jarred van der Merwe en Wilhelm Booyse, ’n gr.12-leerder van die Hansies, in die derde plek.

In die senior groep het Kobus Jonck gewen. In die 65cc- tot 125cc-kategorie het Jule Els eerste oor die wenstreep gejaag. In die 125cc tot 250cc-afdeling was Janes Jansen, gr.12-leerder van die Hansies, in die eerste plek.

Stefni van der Merwe het die vroue-afdeling gewen. In die jonger meisies se wedren, was Teané Thienpond die wenner.

Hennie Michau het die algehele eerste plek behaal vir die vierwiel- motorfiets-afdeling en Sonja Prinsloo het die vroue-afdeling gewen.

In die 450cc-klas het Hannes Annandale gewen en Freek Stoltz was die senior wenner.

Die motorfietsryers was verras met die baan en sommiges het dit as ’n moeilike baan beskryf. Dit was ook die eerste keer dat hierdie baan, wat oor drie plase strek, gebruik is.

Die dag is afgesluit met ’n lekker gesellige vleisbraai.

“Ons wil aanstaande jaar weer die wedren aanbied. Die mans- en vrouedeelnemers het gesê dat dit op sommige plekke ’n uitdaging was, maar dat hulle dit graag weer sal wil aanpak,” het Rudolp de Vos, bemarker van die skool, gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button