Local newsNews

Gemeenskapslede reik ’n helpende hand

Paul Oxton, stigter van Wild Heart Wildlife Foundation, het eens gesê dit maak nie saak hoeveel besittings iemand op aarde het nie, maar as hulle diere liefhet, is hulle skatryk.

As dit waar is, is daar nie einde aan die lede van die Thabazimbi-belastingbetalersvereniging (TBBV) se skatte nie.

Die TBBV se naam het oor jare sinoniem geraak met mense wat omgee — of dit nou vir maatskaplike sake is of om munisipale hulp te verleen.

Die bestuurslede van die TBBV het onlangs, in samewerking met nog weldoeners uit die gemeenskap, ’n draai gaan maak by Thabazimbi Animal Rescue (TAR) om ’n watertenk van 2 500 liter aan dié organisasie te skenk.

Die tenk is by die dierehokke afgelaai. Die watertenk vergemaklik hul taak om die diere op die terrein te versorg.

Die TBBV het sedert hul ontstaan al by verskeie geleenthede ingegryp wanneer die nood in die dorp druk.

Met die uitbreek van die Covid-19-pandemie het hulle kragte saamgespan om geld in te samel om die nood vir mense en diere te verlig.

Related Articles

Back to top button