AdvertorialNews

Leerders juig oor skooltasse

Die grondslagfaseleerders van Laerskool Eenheid in Modimolle was op Dinsdag 7 September baie opgewonde om splinternuwe, bloedrooi rugsakke te ontvang.

Hulle het by die geleentheid ook geleer oor padveiligheid en hoe belangrik dit is om altyd mooi te kyk voordat hulle enige pad oorsteek.

Die leerders is verder verras toe hulle sien dat elke rugsak ’n pennesakkie, liniaal, penne, potlode, uitveër, skerpmaker, stomppuntskêr, gom, inkleurpotlode, waterverf en ’n pakkie oliepastelle ingesluit het.

Supa Quick Suid-Afrika het altesame 290 rugsakke aan die skool geskenk as deel van hul nasionale skooltas-veldtog.

Daar word beoog om vanjaar 1 100 rugsakke aan die skole wat deur die onderskeie Supa Quick takke benoem is, te skenk.

Bertus Moolman, eienaar van die Modimolle-tak, het Laerskool Eenheid benoem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button