NewsSchools

Thabazimbi-slimkoppe laat prestasies maklik lyk

’n Mens hoor dikwels die slimmes sê: “Sukses is die somtotaal van al jou klein pogings bymekaar getel.”

Die afgelope skoolkwartaal moes Laerskool Thabazimbi se leerders, ouers en onderwysers behoorlik bontstaan om verskeie terugslae te trotseer.

Die leerders het egter net weer bewys dat ’n mens enigiets kan vermag met harde werk en deursettingsvermoë.

Die skool is baie trots op sy toptienpresteerders in akademie in elke graad.

Die gr.5-leerders het ook skouer aan die wiel gesit en puik prestasies behaal. Voor is Ruben van Wyngaard, Mikayla Kotze, Duan van der Nest en Christi Jordaan. In die middel staan Lialette Minnaar, Reinhardt Stevens en Gihan Prinsloo. Agter is Mika Röhrs, Mené Venter en Dewan Schlebusch.
Die gr.6-leerders wat onder die toptienpresteerders is, is Daniëlle Fourie, JJ van Wyngaard, Taryn Stander en Nicole Serfontein. In die middel is Flippie Steenkamp, Abigail Venter en Jani van Schalkwyk. Agter hulle staan Gert-Hendrik du Plessis, Mika Fröhlich en Milandi Visser.
Die slimkoppe in gr.7 is Simoné Kriek, Ané Coetzee, Ciska Botha en Zelri van Dyk. In die middel is Clarisse Löhman, Lize Venter, Deané Prinsloo en Jaydin Janse van Vuuren. Agter
staan Carla Horn en Herman Prinsloo.

Related Articles

Back to top button