Local sportSport

Dames durf die lang pad aan teen kanker

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Waterberg-tak het op Saterdag 21 Augustus hul jaarlikse Kranskop-pretloop in Modimolle gehou.

Volgens Ansie van Heerden, projekkoördineerder, was die pretloop ’n groot sukses met ongeveer R13 000 wat ingesamel is.

Daar was ongeveer 100 deelnemers wat die 5 km- en 10 km-afstande voltooi het. Die Modimolle DA-tak, onder leiding van Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong plaaslike munisipaliteit, het twee van die waterpunte beman en gesorg vir ‘n prettige atmosfeer.

Remax se Bosveld-tak in Modimolle het die ander waterpunt beman.

Bel gerus vir Ansie van Heerden by tel. 076 409 4444 vir meer inligting oor die volgende pretloop in die omgewing.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button