MunicipalNews

Modi-rioolkrisis duur steeds voort

Modimolle se rioolkrisis — wat reeds sedert 2018 duur — is steeds nie opgelos nie en bly ’n nagmerrie vir inwoners van erwe wat grens aan die groen strook weerskante van die Klein Nylrivier.

Inwoners van wonings en sakeondernemings in Joe Slovo-, Van Riebeeck-, Paul Kruger- en Limpopostraat (voorheen Rivierstraat) is moedeloos omdat hul klagtes glo op dowe ore val.

Die rou riool vloei byna daagliks tot in die “riooldam” wat intussen naby die onvoltooide laagwaterbrug ontstaan het en hou volgens inwoners ’n groot gesondheidsgevaar in.

Boonop vloei dit tot in die rivierbedding wat lei tot besoedeling van die Nylsvley-natuurreservaat wat ’n wêreldbekende bewaringsgebied is.

Inwoners het aan Die Pos gesê hulle het gesien hoe ’n hoëdrukspuit, wat op Maandag 23 Augustus gehuur is om die blokkasies te verwyder, se tenk in die rivier leeggemaak word.

Volgens die plaaslike owerheid is hierdie probleem een van die projekte wat by die provinsiale departement van water en sanitasie geregistreer is sodat die pyplyn in die nuwe boekjaar vervang kan word met groter deursnee pype.

Daar is tans nog geen duidelikheid oor wanneer die projek sal afskop nie.

Related Articles

Back to top button