NewsSchools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Hoërskool Nylstroom se Afrikaanse toneelstuk “Libi” handel oor ’n 1980’s partytjie wat ’n onheilspellende wending neem. Die toneelstuk het ’n A+-simbool verwerf tydens die Op Die Planke-toneelfees. Op die foto is Sumarie Steenberg, Pieter van Heerden, Carlien Coetzee (verhoogbestuurder), Junita van Loggerenberg, Elné Joubert, Lee-Ann van Deventer, Altus du Plessis en Jaco Stoffberg (klank). Die twee groepe word afgerig deur Renske Gomes, Finachlie Diederichs en Thinus Pretorius.

 

Hoërskool Nylstroom se nuwe leerderraad is verlede week bekend gemaak. Voor staan Jandré de Lange, Franco van Zyl, Zanthus Croukamp, Anton du Plessis (skoolhoof), Lesedi Nkgodi, Kgaugelo Kekana en Bassie Lekala. In die middel is Andrie Cronjé (leiervoog), Maisha Mothata, Matthew Heyneke, Ofentse Thaba, Lee-Ann van Deventer, Mini Selema, Anika Holtzhausen, Junita van Loggerenberg, Jean Jacobsohn en Annemarie Vosloo (leiervoog). Agter staan Brandon Kgopa, Nkosi Dhlodhlo, Omphile Mdhluli, James Findlay, Heinrich Steffen, Jay-Dee de Klerk, Daniëlle Goncalves, Elné Joubert en Kuki Mokonyane.
Dié twee leerders van Hoërskool Nylstroom kan hul man agter ’n mikrofoon staan. Lesedi Nkgodi (gr. 11) het ’n tweede plek in Limpopo behaal tydens die ATKV-redenaars se Afrikaans Addisionele Taal-afdeling. Sy het nasionaal ’n 12de plek behaal. Pieter van Heerden (gr. 9) het ’n sewende plek in Limpopo behaal. Die deelnemers moes vanjaar (weens Covid-19-regulasies) ’n voorafopgeneemde video van hul toespraak instuur.
Dié Japsnoetjies van die Euphorbiaskool in Mookgophong het aan die Eugène N. Marais-kultuurfees deelgeneem en puik prestasies behaal. Op die foto sit Neia Botha (A+) en Gea Janse van Vuuren (A+). In die middel sit Wighardt Pretorius (HL), Luben van Heerden (A++), Ruh Botha(A++), Janro van Zyl (A+), Ewan Henning (HL), Janko Pretorius (HL) en Ewan Leversage (A++). Agter staan Janize Smith (A++), Livia Venter (HL), Zanco Smit (A++), Kaylin Smit (A), Leila Potgieter (HL), Miané Loots (HL) en Leahlien Davey (A).
Marnus Law, hoofseun van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong, het vanjaar virtueel deelgeneem aan die jaarlikse ATKV-redenaarskompetisie en ’n welverdiende vierde plek in Limpopo losgeslaan. Hy was 34ste in die nasionale kompetisie.
Hierdie leerders van die Euphorbiaskool in Mookgophong het puik presteer in die toonkuns-afdeling van die Eugène N. Marais-kultuurfees wat by Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong gehou is. Voor is Willem Botha (A, A). Agter staan Lize Janse van Rensburg (A++, A+, A), Mia Botha (A++, A+, B+) en Lumé Venter (A).
Hoërskool Warmbad het met trots hul nuutverkose verteenwoordigende leerderkomitee (UK) vir 2022 bekend gemaak. Voor is Megan Prinsloo, Yournala Goncalves, Charles Lightfoot (UK-voog), Sascha Jooste (UK-koördineerder), Paul Liddle (hoof), Lorize van Wyngaardt (UK-voog), Tiaan Botes (UK-voog), Shally Maramela en Mekayla Erasmus. In die agterste ry is Brandon Hoffman, Frances de Jonge, Ramokone Moloto, Kgotso Monama, Marijke Vosloo, Ayanda Sikhakhane, Carla Barnard, Chantel Sekgobela, Heinrich Hirschorn, Bianca van der Walt en Lehlogonolo Mokwena. Puntsa Mahabeer, Gerrit Groothof en Nelene Mostert was afwesig met die neem van die foto.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button