Home/Sport/Local sport/Oor die wenstreep… Local sportSport Oor die wenstreep… Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg. August 23, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die Amandelbult-gholfklub het vrouemaand in styl gevier. Gholfspelers van die Thabazimbi-omgewing het op Vrouedag (Maandag 9 Augustus) by die Amandelbult-gholfklub byeengekom om deel te neem aan dié klub se Woman’s Day Integrated Performance System (IPS)-toernooi. In egte Thaba-styl was daar geen tekort aan pret nie en elke man wat aan die toernooi deelgeneem het, het soos hul vroulike eweknieë die gholfbaan in rompies aangedurf. Magda Sadler het dié foto van Alvin Hoole tydens die toernooi geneem. Bela-Bela-inwoners sal dié naweek atlete in aksie sien wanneer die jaarlikse 5150- driekampbyeenkoms op Saterdag 21 Augustus by Forever Resorts in die dorp plaasvind. Atlete sal meeding oor 1,5 km swem-, 40 km fietsry en 10 km draf. Die kompetisie skop in die oord af. Toeskouers word egter nie toegelaat nie. Die fietswedren sal op die Alma-pad plaasvind en die padwedren begin en eindig in die oord. Alle Covid-19-maatreëls sal gevolg word. Foto: 5150-ArgiefDit is duidelik dat tennis ’n familiesport is by Hoërskool Nylstroom. Op die foto is van die Nylies se top tennisspelers. Van links is Janes van Zyl en sy broer, Franco, Anika Holtzhausen en haar sussie, Anita, en Heinrich en sy broer, Tiaan Steffen. Foto: Herman Steyn You can read the full story on our App. Download it here. August 23, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print