NewsSchools

Nylie-akteurs terug op die planke

Terug op die planke!

Hoërskool Nylstroom se toneelgroep was verlede week baie opgewonde om weer op die verhoog te verskyn.

Die groep het op Woensdag 4 Augustus aan Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong se kultuurfees deelgeneem.

Daar was vanjaar maar min geleentheid om voor ’n gehoor op te tree en die kultuurfees was ’n vuurdoop.

Die Afrikaanse toneelstuk “Libi” het ’n A+-simbool (87%) behaal. Dit handel oor vier vriendinne, twee seuns en die ideale 1980’s partytjie, maar alles is nie so lekker by die Jardin-gesin nie.

Die stuk takel kwelpunte waarmee talle gesinne worstel. Die Engelse toneelstuk “Ansel & Gretel” het ’n A-simbool (84%) behaal.

Hierdie toneelstuk is ’n aangepaste, moderne weergawe van die Hansie en Grietjie-verhaal. Dit spreek die kwessie van mensehandel aan.

Die groep word afgerig deur die onderwysers Renske Gomes en Finachlie Diederiks.

Thinus Pretorius het “Libi” geskryf en help met die afrigting van die akteurs.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button