AdvertorialNewsSchools

Skoolklere aan Laerskool Doornfontein geskenk

Die Modi Mall-winkelsentrum in Modimolle het vanjaar skoolklere aan leerders van Laerskool Doornfontein net buite Modimolle geskenk as deel van die sentrum se jaarlikse Madibadag-uitreikprojekte in die gemeenskap.

Elke leerder het op Woensdag 4 Augustus ’n pakkie ontvang met ’n skoolsweetpak, wit langmouhemp en sokkies in hulle grootte.

Van die leerders het ook skoolskoene ontvang as deel van Hands of Hope se Back to School-skoolskoeneprojek. Daar is besluit om ’n plaaslike verskaffer, Estie van der Walt van Finest Wear, in Modimolle te nader om die skooldrag te verskaf.

Volgens Sonja Beukes, bemarkingsbestuurder van die sentrum, het hulle in samewerking met Janine Botha van Hands of Hope uitgereik na dié plaasskool in die Doornfontein-omgewing waar 55 leerders, wie se ouers meestal plaasarbeiders in die omgewing is, skoolgaan.

Volgens Rose Dikgale, skoolhoof, ontvang die leerders elke oggend warm ontbytpap as deel van die nasionale skoolvoedingskema.

Dit is vir die meeste van dié leerders die grootste maaltyd van die dag. Die skool bestaan uit drie klaskamers vir gr.4-7-leerders en een klaskamer vir gr.1-3-grondslagfase leerders.

Die skool beskik oor drie onderwysers. Beukes het aan Die Pos vertel dat hul hoofkantoor, Exemplar Real Estate Investment Trust (REIT), die geld vir hierdie projek bewillig het.

“Ons maatskappy se leuse is Change for Good en hierdie soort projekte maak beslis ’n positiewe verskil aan mense in ons gemeenskap,” het sy gesê.

Sy het vertel dat die kinders oorstelp was van vreugde en hul gesiggies het opgehelder toe hulle die splinternuwe skoolklere ontvang het.

“Die korrekte en netjiese skooldrag het ’n groot invloed op ’n kind se selfbeeld en selftrots,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button