LettersOpinion

Brief: Welkom in Modimolle!

Ons dorp se gematigde klimaat is nie net goed vir plantegroei nie; dit is ook vir mense baie lekker om hier te woon.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Welkom in Modimolle waar kroonkiewiete verbygangers kopknikkend welkom heet.

Hierdie kiewiete verrig ’n belangrike taak in die natuur veral wat die uitroei van peste soos termiete betref. Daar is ook trekvoëls wat jaarliks by verskeie plekke in Modimolle aandoen.

Natuurliefhebbers vertel ook dat sommige trekvoëls hul permanent hier gevestig het.

Inwoners het al gewoond geraak aan die nagtelike geroep van die skopsuile en die laatnag getjank van jakkalse.

Behalwe vir ’n verskeidenheid pragtige bome, kan ons dorp spog met waarskynlik een van die grootste en oudste avokadopeerbome in Limpopo. Hierdie boomreus staan agter die NTK-gebou en dra jaarliks vrugte.

Ons dorp se gematigde klimaat is nie net goed vir plantegroei nie; dit is ook vir mense baie lekker om hier te woon.

Ons dorp is vol geskiedkundige plekke en gedenktekens soos die ystertralies langs die hoofstraat (Nelson Mandelaweg) voor die Bakkersgebou. Hierdie tralies is meer as 100 jaar gelede, in die dae voordat almal met motors gery het, gebruik om perde aan vas te maak.

Dit is voorwaar ‘n stukkie geskiedenis uit vergange se dae.

Kyk gerus rond en raak bewus van ons dorp se ryk geskiedenis en natuurskoon.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button