AdvertorialNews

MEGS brei hul internet-netwerk uit

Optiese-veselinternetdienste, oftewel fibre, word deesdae verkies vir die vinnige en betroubare op- en aflaaispoed van internetverbindings.

Die ononderbroke internetverbindings stel mense in staat om hul take vinniger af te handel.

Die internetdiensverskaffer MEGS Waterberg in Modimolle is in die proses om optiese-veselkabelinternetdienste (fibre) in Bosveldsig-aftreeoord in Modimolle uit te brei waar bestaande kliënte reeds dienste het.

Stroom-internetdiens, oftewel streaming, stel mense danksy optiese-veseltegnologie in staat om van hul wonings te werk.

Dit maak die aflaai van programme en vermaaklikheidreekse baie makliker. MEGS Waterberg brei ook tans hul dienste in Kerkstraat vanaf die Koro Creek-gholflandgoed tot in Strydomstraat uit.

Hul beplan om binnekort die vinnige optiese-veselinternetdiens na die res van die dorp uit te brei. Met hul kundige en bekwame tegniese span word die optiese-vesel direk vanaf pale, wat op strategiese plekke geplant word, na wonings herlei.

Die paal word gelys as die direkte aansluitingspunt wat toegang tot beter internet verleen. Dié tipe netwerk vergemaklik ook kliëntediens.

Die MEGS-span installeer ook tans, met munisipale goedkeuring, ’n veiligheidskamera-netwerk in die dorp. Dit sal nie net misdaad bekamp nie, maar ook inwoners se veiligheid verbeter.

Die kameras sal aan MEGS se primêre netwerk gekoppel wees en voltyds gemoniteer word. As ’n bonus vir die dorp se infrastruktuur, beskik die MEGS-werkspan oor die nodige toestemming van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit om, waar nodig, instandhouding op munisipale kragpale te doen.

Dit sluit die sny van boomtakke in wat kragonderbrekings kan veroorsaak. Met die vinnige tempo waarteen tegnologie verbeter, is Waterbergers onder druk om na ’n meer stabiele internetverbinding te soek en dit is waarom optiese-veselinternet die meer betroubare antwoord bied.

MEGS se vriendelike personeellede by die plaaslike dienssentrum staan gereed om inwoners se navrae te beantwoord.

Kontak hul kantoor by tel. 087 829 5290 of tel. 078 564 2224 vir meer inligting en kwotasies.

Related Articles

Back to top button