Local newsNews

Bekende boer se dood laat ’n leemte

Japie Spanio, ’n bekende boer van Roedtan, is op Dinsdag 13 Julie aan Covid-19-verwante komplikasies oorlede.

Spanio, wat ook baie bekend in TLU-veiligheidsgeledere was, het altyd ’n woord van bemoediging en ondersteuning vir elkeen gehad; of hy hulle geken het of nie, het sy seun, Gaspare, aan Die Pos gesê.

“Hy was ’n man wat ’n pad met die Here gestap het.”

Spanio sal onthou word vir sy groot bydrae in die TLU se landelike veiligheidskringe waar hy meer as 25 jaar gedien het. Hiervan was hy 19 jaar lank by die noordstreek se veiligheidskomitee betrokke.

Hy was ook voorsitter van die Potgietersrus-DLU se veiligheidsafdeling. Hy was die koördineerder van verskeie oorgrensveiligheidsgroepe en was verantwoordelik vir talle programme wat vir landelike veiligheid op die been gebring is.

Spanio is ’n boorling van die Bosveld en is op 1 April 1949 in die Baltimore-omgewing gebore waar hy grootgeword het. Het hy aan Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane gematrikuleer waarna hy Weermag toe is en was een van die jongste sersantmajore (RSM) van daardie tyd.

Hy het ná sy Weermagopleiding by Steward & Lloyd’s begin werk en is in 1970 met Pikkie getroud. Hy het in die vroeë negentigs op Roedtan begin boer.

“Hy het baie gedoen vir landelike veiligheid en altyd ’n positiewe verandering teweeg gebring. Hy was ’n lojale buurman en het help bou aan die strukture van die landbou in ons omgewing,” het Floris Booysen, voorsitter van die Potgietersrus-DLU en jarelange buurman, gesê.

Hy laat sy vrou, Pikkie, en twee kinders, Gaspare en Suzette, en twee kleinkinders agter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button