In Thabazimbi het die leerders en personeel van Hoërskool Frikkie Meyer in ware Frikkie-styl die koue getrotseer en die skoolgrond met warm harte betree.
Elke leerder is persoonlik welkom geheet deur die hoofleiers en personeellede met ’n heerlike lekkerny en ’n boodskap van hoop om die nuwe kwartaal in te gaan.
Drie plaaslike predikante het ook besoek by die skool afgelê en op hul beurt die leerders geïnspireer om, ten spyte van die uitdagings wat aan hulle gestel word, die kwartaal vol ywer af te skop.
“Ons moet altyd kan vashou aan hoop,” het ds. Roelf Smit aan die leerders gesê.
“Ons moet sorg dat ons mekaar altyd respekteer en met liefde en omgee hanteer en sodoende meer hoop skep.”