LettersOpinion

Brief: Elke donker wolk het ’n silwer rand

Ons moet ophou om net die donker in die lewe raak te sien.

Simoné Pienaar, Modimolle, skryf:

Dit is so maklik om net die negatiewe en die hartseer in die lewe raak te sien. Ons almal doen dit.

Ek is self geneig om die lelike te onthou en die mooi van die lewe mis te kyk.

Ons Pienaar-familie moes die afgelope maand só baie trotseer.

Vandag kyk ek met dankbaarheid terug op ’n uitdagende tyd in ons lewens. Daar is so baie genade wat ons elke dag, te midde van die stryd, nie altyd raakgesien het nie.

Ja, soos in baie ander huishoudings, het almal in my huis Covid-19 gehad. Deur genade is almal in my huis weer gesond.

Ja, ons moes wel die afgelope week geliefdes begrawe, maar selfs dit was ons hemelse Vader se tyd en besluit.

Ons het in hierdie tyd ook ’n voertuig in ’n motorongeluk afgeskryf, maar ook hierin was daar genade, want niemand is beseer nie.

Ons moet ophou om net die donker in die lewe raak te sien en te onthou, ons is die Vader se skepping en ons leef in Sy lig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button