Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Warmpatat: Inwoners van Kretzchmarlaan in Bela-Bela kla al weke lank oor dié rioollek in die straat wat nie na behore herstel word nie. Die straat het verskeie gastehuise en woonstelblokke wie se inwoners erg verontrief word. ’n Woordvoerder van Strelitzia Guest House het aan Die Pos gesê hulle is moedeloos met die situasie en dat dit ’n swak indruk van die dorp skep. Die lekplek is by die munisipaliteit aangemeld, maar was teen druktyd vandeesweek nog nie herstel nie.
Chloé Pringle, ’n gr. 7-leerder van Laerskool Nylstroom, het nie stilgesit tydens die ekstralang skoolvakansie nie. Chloé, wat van jongs af bedrewe met die hekelpen is, het vir haar oupa, Tiaan Fourie, ’n kniekombers gehekel om hom teen die winterkoue te beskerm.
Anneline du Preez, ’n personeellid van Die Pos-koerant se Bela-Bela-kantoor, het dié pragtige hospitaalsakkies vir Covid-19-pasiënte gemaak. Dit is handgemaak en gepak met items soos ontsmettingsmiddel, lyfroom, handsaniteerder, tandepaste, tandeborsels, waslappies en sommer alles wat ’n mens nodig kry as jy inderhaas hospitaal toe moet gaan. Die Pos deel dit gratis uit aan mense wat dit nodig het.

Related Articles

Back to top button