Local newsNews

President van rolbalklub sterf

’n Jarelange inwoner van Modimolle, Chris du Plessis (79), is op Dinsdag 6 Julie aan Covid-19-verwante oorsake oorlede.

Du Plessis was ’n kranige rolbalspeler wat die afgelope twee jaar as die Nylstroom-rolbalklub se president gedien het.

Volgens Du Plessis se mederolbalspelers, Job Schoeman en Louise Potgieter, het hulle op Saterdag19 Junie nog ’n heerlike spel rolbal saam met hom gespeel, maar teen Maandag 21 Junie was hy siek en baie hees.

Hy het aanvanklik tuis geïsoleer, maar sy toestand het nie verbeter nie en hy is op Saterdag 26 Junie by die Podi-kliniek in Bela-Bela vir behandeling opgeneem.

Volgens Du Plessis se niggie, Ansie Nobbs, wat ook in Modimolle woon, het hy voorheen in Randburg, Gauteng, gewoon waar hy jare by die Suid-Afrikaanse Brouery (SAB) gewerk het.

Met sy aftrede het hy ’n topbestuursposisie by SAB beklee. Hy het sedert 2012 in die Koro Creek-gholflandgoed in Modimolle gewoon.

Du Plessis se familie het oorspronklik in die Swartruggens-omgewing geboer.

Du Plessis se oudste dogter, Marché, woon tans in Australië saam met haar gesin terwyl die jongste dogter, Mariska, en haar gesin in Randburg woon.

Hy laat sy twee dogters en hul eggenotes, vier kleinkinders en baie vriende en familie agter.

Teen druktyd was finale reëlings oor sy gedenkdiens nog nie beskikbaar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button