AdvertorialNews

Voortrekkers gee om

Die Voortrekkker-jeugbeweging het sedert 1931 alombekend geword as ’n organisasie wat kinders leer van naasteliefde en die waarde van omgee.

Op plaaslike bodem is die Penkoppe, Drawwertjies en Verkennners van die Ysterberg Voortrekkerkommando ook al jare lank besig om, tussen hul daaglikse aktiwiteite en projekte, ook tyd te maak vir ander.

Die kommando is sedert 2020 druk besig met verskeie liefdadigheidsprojekte en vanjaar het hulle uiteindelik gesien hoe hul harde werk vrugte afgewerp het.

Barbara Pienaar van die Tambotie-versorgingsentrum ontvang ’n skenking as deel van die Sop-in-’n-bottel-projek van Danie Naudé, veldkornet van die Ysterberg Voortrekkerkommando.

Die Plastiekproppie-projek was ’n groot inisiatief van die kommando om oor die afgelope jaar plastiese bottelproppies te versamel met die doel om die geld wat daarmee ingesamel word ’n rolstoel te skenk vir iemand wat dit nodig het.

Die kommandolede, offisiere en heemraadslede van Ysterberg het behoorlik geswoeg en sweet en dit uiteindelik reggekry om 80 kg plastiekproppies in te samel vir die landwye projek.

Die Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar en daarmee saam het die Ysterbergers besluit om die Sop-in-’n-bottel-projek te loods. Honderde bottels vol droë sopbestanddele is na verskeie liefdadig- heidsorganisasies regoor Thabazimbi versprei.

Danie Naudé, veldkornet van die Ysterberg-kommando, het gesê vanjaar se projek was ’n wegholsukses.

“Ons wil graag elke Vorie, offisier en vrywilliger wat ons met die projek gehelp het, bedank vir hul ondersteuning,” het hy gesê.

“Weens die nuwe Covid 19-inperkingsmaatreëls kon ons ongelukkig nie die kinders saamneem na die oorhandigings toe nie, maar ons wil nietemin vir elke Penkop, Drawwertjie en Verkenner dankie sê vir hul omgee en harde werk.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button