AdvertorialNews

Naboom-sakekamer sê dankie

Die Naboom-sakekamer wil graag almal  bedank wat mildelik bygedra het om die dorpsdam se bakmaat met 120 000 liter water  te vergroot. 

Mense van die provinsie het ook ondersoek ingestel en terselfdertyd die pyplyne wat gebars het, herstel sodat die dam weer ten volle diensbaar kan wees vir die dorp.

Ander projekte wat deur die sakekamer aangepak is, was die skoonmaak van die begraafplaas, die Ruk Naboom Reg-projek wat ook ondersteun word deur die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, asook ons jongste projek, naamlik die Suurstofprojek.

Ons het reeds R40 000 vir die Suurstofprojek ingevorder om mense wat weens die Covid-19-virus in nood van suurstof is, te help om by ’n hospitaal uit te kom waar hulle behandeling kan ontvang.

Daar is reeds sekere fasiliteite en geriewe in plek, maar ons moet nog toegeruste suurstofbottels in vooraad hou waarvandaan ons ander houers kan volmaak.

Skenkings kan direk in ons rekening betaal word of by OK se ontvangs of geld kan in die kassiersblikkies gegooi word.

Indien u direk in die sakekamer se bankrekening wil inbetaal, is die bankbesonderhede as volg:

  • Naam: Naboom Sakekamer
  • Bank: Eerste Nasionale Bank Rekeningnommer: 62808439047

Die elektriese kapasitor van Mookgophong behoort teen Woensdag 30 Junie 2021 geïnstalleer te wees.

Die slaggate in en om die dorpgebied geniet aandag en die materiaal om dit te herstel, is reeds beskikbaar gestel.

Die deurgang van 4de Straat na die hoofstraat geniet ook aandag en die dorpsbeplanner het reeds die perseel besoek.

Related Articles

Back to top button