NewsSchools

Mookgophong-leerders gaan skitter op televisie

Die Wysneusies, ’n VIA-televisieprogram, het Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong op Maandag 14 Junie besoek.

“Die oulike program vir kleuter- en laerskole word op kanaal 147 gebeeldsend en ons sien met afwagting uit om ons leerders te sien,” het Marina Gravett, hoof van die skool, gesê.

Die skool is onlangs per e-pos ingelig dat hulle een van ’n paar skole is wat gekies is om deel te wees van hierdie opwindende projek.

Daar was byna geen voorbereiding nodig vir die dag nie, aangesien die lewe in ’n dag van ’n kleuter by die Boompies met kykers gedeel word.

’n Onderhoud is met Gravett gevoer oor die doen en late van die skool en daarna is onderhoude met die kleuters gevoer.

Aangesien daar net een gr. RR- en een gr. R-klas by die skool is, is die gr. 1’s ook op beeld vasgelê.

Die opnamespan het die onderwysers bygestaan en riglyne gegee sodat hulle darem kon weet wat om te verwag.

Die leerders het ’n paar liedjies in die klaskamers gesing en hul normale aktiwiteite is verfilm. Dit is streng volgens die Covid-19-regulasies gedoen.

Related Articles

Back to top button