AdvertorialNews

Promosie: Stadspoort baat by ATKV-gholftoer

Die ATKV-Klein Kariba-vakansieoord bied jaarliks hul Bosveld-gholftoer aan.

Dié geleentheid word gebruik om geld in te samel wat die ATKV Klein-Kariba dan in verdienstelike welsynsorganisasies in die omgewing terugploeg.

Stadspoort van Bela-Bela was vanjaar aan die ontvangkant van ’n groot skenking. Stadspoort-vrywilligers en personeel van ATKV-Klein-Kariba het op Sondag 16 Mei die spelers verwelkom en ook die stalletjies beman wat by die klubhuis opgerig is waar spelers geregistreer het vir die gholftoer.

Die toer het oudergewoonte met ’n gesellige galageleentheid op Donderdag 20 Mei geëindig waartydens die pryse ook oorhandig is.

Die organiseerders van die gholftoer en lede van Stadspoort het hul dank en waardering teenoor die spelers en borge uitgespreek wat ruim bygedra het tot die projek.

’n Allemintige R75 552 is ingesamel. Die borge van Bela-Bela wat bygedra het tot die dag se sukses, was De Villiers Hardeware in Modimolle, Hassims Supply Store, KFC, NTK, Mr Price Home, PNA, Santim Sekuriteit, FNB en Sondela.

Borge van buite die streek wat groot bydraes gelewer het, was Snappy Chef, Adidas, Miami Canners, Dairymaid, Sleeping Couch & Sofa en Eish Distributors.

Die geld sal aangewend word vir die koop van kos om maandelikse kospak- kies aan behoeftiges in Bela-Bela te voorsien.

Stadspoort is ’n geregistreerde nie-winsgewende en interkerklike organisasie wat maandeliks kospakkies aan ongeveer 60 families en twee kleuterskole verskaf. Die kospakkies word deur vrywilligers uit die gemeenskap gepak en bestaan uit voedsame produkte soos bone, rys, soja, meel, olie, tee, sop en grondboontjiebotter.

Stadspoort is ten volle afhanklik van donasies van die gemeenskap. Enigiemand wat betrokke wil raak of ’n skenking wil maak, kan vir Ansu Strydom bel by tel. 082 876 3698. 

Besoek gerus die Facebook-blad: Stadspoort Bela-Bela.

Related Articles

Back to top button