Local newsNews

Inwoner van Die Oog gegroet

Hansie Pretorius (88), een van die eerste intrekkers by Die Oog-aftreelandgoed buite Mookgophong, is ná ’n kort siekbed op Sondag 6 Junie aan kanker oorlede.

Volgens Riekie du Plessis, een van sy dogters wat in Modimolle woon, het haar ouers 12 jaar by Die Oog gewoon.

Pretorius was baie jare ’n houtwerkonderwyser by Hoërskool Wagpos in Brits waarna hy hom by ’n handelsbank aangesluit het en as bankassessor in die Secunda-omgewing gewerk het.

Hy het ná sy aftrede in Leeupoort, Stilfontein en Secunda gewoon voordat hulle in 2009 na Die Oog verhuis het.

Riekie vertel dat haar pa graag jukskei gespeel het totdat hy weens ’n rugoperasie nie meer aktief aan dié sport kon deelneem nie.

Haar ouers was deurgaans aktief betrokke in die gemeente van die Nederduits Hervormde Kerk Naboomspruit in Mookgophong.

Die familie wil in besonder die bekwame verpleegpersoneel by die oord se versorgingseenheid bedank vir hul deernis en empatie terwyl hulle hom versorg het.

Pretorius laat sy eggenoot van meer as 63 jaar, Alida Pretorius, agter asook drie kinders, 10 kleinkinders en 12 agterkleinkinders met hul gesinne.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button