Local newsNews

Hansie palm skoonheidstitel in

Die pragtige Caitlyn Hunter (16) van Mookgophong, ’n gr-10 leerder aan Hoërskool Hans Strijdom, is ’n model om mee rekening te hou.

Sy het aan die Miss Elegance 2021-provinsiale modelkompetisie in Mokopane deelgeneem en op Saterdag 29 Mei met die gesogte titel weggestap.

Sy het deelgeneem in die ouderdomsgroep 16-18 jaar en het ook die titel as besgeklede deelnemer in haar ouderdomsgroep behaal.

Caitlyn is boonop aangewys as Miss Elegance 2021 in haar ouderdomsgroep. Caitlyn is deel van ’n bekende modelagentskap in Limpopo wat ook internasionaal erken word.

Sy het in 2018 en 2019 aan verskeie kompetisies deelgeneem en is ingesluit in die Limpopo-span wat aan die South African Championships of Performing Arts-kompetisie deelgeneem het.

Sy is albei jare gekies om in die “Showcase” as model deel te neem.

“Ek het in 2018 begin modelklasse neem en in 2021 het ek by die International Model Agency aangesluit. My afrigters is Wilhrisca Jardine en Euné Faber by wie ek elke tweede Maandag in Mokopane klas ontvang,” het sy met ’n breë glimlag aan Die Pos vertel.

Sy gaan op Saterdag 26 Junie in Polokwane aan die Mnr. en Mej. ACE-kompetisie-deelneem.

’n Deelnemer sal by hierdie geleentheid gekies word om die provinsie by die jaarlikse ACE-modelkompetisie in Pretoria te verteenwoordig.

Die Pos wou by Caitlyn weet hoekom sy modelwerk gekies het. Sonder huiwering het sy gesê dit is omdat modelwerk vroue bemagtig.

“Dit het my selfvertroue verbeter en my die geleentheid gegee om ’n bietjie terug te ploeg in die gemeenskap en aan ander jongmense ’n positiewe boodskap oor te dra. Dit leer my om uit my boksie te klim en van myself te hou net soos God my geskape het,” het sy gesê.

Sy het nog groot drome in haar modelloopbaan. Sy wil graag aan die Mej. Tiener-kompetisie deelneem en later aan die Mej. Suid-Afrika-kompetisie.

Sy is ook ’n slimkop wat haar ná matriek aan die Universiteit van Pretoria as mediese dokter wil bekwaam.

Sy glo sy sal tyd hê om steeds deeltyds modelwerk te doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button