Local sportSport

Wedvlugduiwe klap weer vlerke

Duiweklublede maak die beste van die wintertyd deur gereeld mee te ding om die wedvlugduiwe fiks te hou.

Dit is vir die klublede lekker om weer aktief in hul hokke te werk nadat dit verlede jaar maar stil was.

Wedvlugte is die afgelope twee Sondae onderneem. Die Parys na Bela-Bela-wedvlug was oor ’n afstand van 235 km.

Die ander wedvlug het gestrek van Ventersdorp na Bela-Bela en was 215 km ver.

Die eienaars van die duiwe in die Sonskyn-duiweklub was baie tevrede met hul duiwe se tye. Hoewel die weersomstandighede maar koud en winderig was, het dit klaarblyklik min invloed gehad op die geveerde spesie se prestasies.

Die eerste duif wat tydens die eerste gedeelte van die Parys-kompetisie in Bela-Bela geklok is, behoort aan Pierre Niemand.

Sy duif het die afstand binne 10:56:22 voltooi. Hy het ook ’n duif gehad wat in die ope-afdeling deelgeneem het. Niemand se duiwe het tydens die Ventersdorp-wedvlug die beste presteer en die eerste duif was reeds na 11:16:42 terug in sy hok.

Pierre Niemand beklee tans die nommer een en twee posisie op hul klub se ranglys, met André Brits, André Sol, Van Reenen Cloete, Frank Ferreira en Wian Joubert kort op sy hakke.

Die duiweboere sien uit na die volgende wedvlugte en sal reeds op Sondag 20 Junie weer meeding in ’n wedvlug vanaf Kroonstad wat oor 324 km strek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button